top of page
Search
Writer's pictureConsumidor

Consumidor 18/19 groet!



'n Bittersoet oomblik vir Consumidor 18/19... Dis tyd om te groet en kans te gee vir 'n hele nuwe ASV om die ongelooflike geleentheid aan te gryp! Verbruikerswetenskappe, dit was vir ons 'n groot voorreg om julle te kon dien hierdie termyn! Hier is 'n paar laaste woorde van ons kant af:


Amanda Potgieter

Voorsitter, Akademie en Klagtes



THE KEY TO HAPPINESS IS HAVING DREAMS.

THE KEY TO SUCCESS, IS MAKING DREAMS COME TRUE!

If you have ever heard about a rollercoaster ride – this past year was an

OUTRAGEOUS ride! A year ago – we were sitting exactly here where you are

sitting now – full of expectations, full of new ideas, full of commitments and pumped

to be the best ASA that this faculty has ever seen!


Vandag kyk ek na julle en ek kan nie glo dat hierdie span formidabele vriendinne en

leiers, saam met my hier vandag, die eindstreep behaal het nie. Vanaand is daar

duisende gedagtes wat deur elkeen flits – vrese van ‘n nuwe begin, vlinders van

opgewondenheid en herinneringe van wat goed was en van wat kon gewees het …

Het ons as Akademiese Studente Vereniging ons doelwitte behaal?

Het ons veranderinge by Verbruikerwetenskappe gemaak?

Is ons deur die jaar getoets?

Was ons uitgedaag bo ons verwagtinge?

Het ons as individue gegroei tot ‘n hegte span?

Was alles die moeite werd?

EN MY ANTWOORD IS BAIE EENVOUDIG MAAR ‘N OPREGTE EN DEFINITIEWE

JA!

Dit was ‘n voorreg om julle te dien en te lei.

Mede-studente, ek wens julle sterkte toe vir die pad wat op elkeen van julle wag. In Jesaja 41:10 staan daar;

”Moenie bang wees nie,

Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie,

Ek is jou God.

Ek versterk jou, Ek help jou, Ek jou jou vas,

Met my eie hand red ek jou.”

Therefore, be proud to be a leader and proud to be a leader of the best faculty in

South Africa. If you dream it you can achieve it and if your dreams don’t scare you it

isn’t big enough.

May you all CHOOSE:

To live by choice, not by chance;

To make changes, not excuses;

To be motivated, not manipulated;

To be useful, not used;

To excel, not to compete;

May you choose self-esteem, not self pity.

May you choose to listen to your inner voice, not the random opinion of

others!

Liefde,

Amanda


Natasha Coetzee

Ondervoorsitter, Akademie en Klagtes



'n Suksesvolle termyn is verby en ek is dankbaar.

Dankbaar vir elkeen wat 'n bydrae gelewer het en my ondersteun het.

Dankbaar vir 'n jaar van groei.

Groei in myself en my geloof, groei saam met vriendinne (mede komitee lede) asook my liefde vir ons fakulteit.

My wens vir die nuwe ASV is dat alle verwagtinge oortref sal word, God se wil sal geskied en dat hegte bande gevorm sal word.

Maak die beste van elke oomblik, want glo my 'n jaar vlieg verby.

Sterkte en onthou, geniet dit!

Groete,

Natasha





Tarina Nel

Finansies en Borge



Verbruikersgedrag het my so baie laat groei en ek is baie dankbaar vir die geleentheid wat ek kon gehad het om op die ASV te dien. Agter die skerms het ek besef ons is meer as net n fakulteit, ons is n familie.


Pas mekaar op want julle elkeen is so spesiaal in die groter prentjie.


Liefde, groete

Tarina










Zandri Dirker

SJGD



In 'n oogwink was die termyn verby!

Dankie Consumidor dat ek my deel kon doen om verbruikerswetenskappe se naam hoog te hou.

Ek kan met eerlikheid sê dat die termyn is sukses was, sukses in elkeen van ons se portefeuljes en vriendskappe en herinneringe wat ek vir-ewig sal onthou.

My raad aan die nuwe asv is, sien die positiewe in elke situasie en maak die beste van elke dag!

Zan

Xox









Anneh Pretorius

Bemarking en Werwing



Wat 'n voorreg om op so platvorm te kon dien... 'n Platvorm waarin jy jouself kon verryk, altyd meer leer en beter word! 'n Plek waar jy omring word met ander mense wat jou verbeter en jou lief het totdat jy jouself lief het! Dit was vir my 'n wonderlike ervaring wat ek vir elke liewe persoon sal aanbeveel. Die vryheid, die vreugde en die kreatiwiteit wat altyd na vore gekom het, het vir my uitgestaan.

Baie dankie vir 'n mooi termyn!

Groete,

Anneh









Melissa de Castro

Sosiaal en Skakeling



My termyn het begin vol vrees en uitdagings en ek het elke oomblik aangepak vol selfvertroue en geweet ek gaan die beste van my termyn probeer maak. Deur van die begin af seker te maak dat ons as 'n ASV met mekaar skakel en n 'clique' vorm. Dit was vir my ongelooflik lekker om soveel nuwe mense te ontmoet en met mense te social waarmee jy nie noodwendig gedink het jy gaan social nie!


Ek het elke aksie die moeitewerd probeer maak vir almal en ek het dit geniet om te sien hoe mense gelukkig word net deur met mekaar te kuier.


Met 'n seer hart groet ek vir Consumidor en vir my ASV lede wat meer as vriendinne is vir my en vir die nuwe Sosiaal en Skakeling lid wil ek net sê sterkte met jou termyn! Maak dit jou jaar en gaan groot met elke aksie en elke aktiwiteit wat jy wil aanpak en eks seker dit sal n sukses wees!!


Marschel Tomlinson

Modeparade en Klerasie



Modeparade en Klerasie...Hierdie portefeulje het vir my die basis gegee om vanaf te werk waar ek nie net die geleentheid gekry het om as mens te groei nie maar ook om my kontakte in die "grootmenswêreld" te vergroot! Dis was vir my 'n groot uitdaging gewees, omdat dit nie net administratief-gerig was nie, maar ook mense-gerig. Dis was vir my 'n groot voorreg om die mense in ons vakgroep beter te leerken en om vir hulle die geleentheid te gee om hulle talente i.t.v. mode te wys! Dit het my gelukkig gemaak om vir elkeen die geleentheid te gee om net hulleself te kan wees en om hulle drome te bereik. Dankie ook aan my Consumidor komitee lede wat my gehelp het om my eie drome te kon bereik!

Ek groet julle!

Liefde,

Marschel



Vonn-Lee Robbertse

Sekretaresse, Publikasies en Argief



Vanaand sit ek hier voor my laptop, besig om hy heel laaste blog-post te skryf. My hart is seer soos my voete in hakskoene op opedag! Ek is opgewonde oor dit wat was en dit wat kom! Consumidor is my vriende, my familie, mense wat vir EWIG 'n deel van my hart sal besit. Ek het soveel vriendskappe gevorm in ons vakgroep en die dosente beter leerken. As my NWU Blazer kon praat, sou dit soveel stories kon vertel, grappies maak, "Varkie in my hartjie" tyd gehad het en ook saam gehuil het. Ek is BAIE dankbaar dat ek hierdie geleentheid gegee was om deel te wees van iets groter, iets wat werklik 'n verskil kan maak in ander se lewens!


Aan my ASV-komitee lede...

Vriendinne, die liefde wat ek in my hart het vir julle is regtig onbeskryflik. Dankie vir al ons dates waarop ons gegaan het, die student specials, kuiers in die kantoor, harde chappies gou, verjaarsdag partytjies, inside-jokes en net vir al die liefde wat julle vir almal het! Die Here het my werklik geseën met julle en ek sien uit daarna om nog buite die ASV saam julle te groei! Julle sal vir altyd my WCW's wees... Julle is stunning en amazing! Loooooveee youuuuu! <3


Aan my Sub-Kom lede...

BAIE DANKIE vir elkeen van julle se bydrae wat julle gemaak het! Ek kon nie hierdie sonder julle doen nie en dankie dat ons saam hierdie blog 'n sukses kon maak. Ek het 'n ongelooflike trotse hart vandag! Julle is ongelooflik! Hou asb aan skryf vir die blog...


Hiermee sluit ek my Publikasies portefeulje af:

"Every great dream begins with a dreamer. Always remember, you have within you the strength, the patience, and the passion to reach for the stars to change the world."-

Harriet Tubman


Consumidor 19/20,

Sterkte vir julle van ons kant af! Weet altyd, dat ons as ou-ASV altyd daar vir julle sal wees vir ondersteuning en hulp! Ons wens julle al die liefde en geluk wat ons ervaar het en ons weet julle het die vermoë om die termyn 19/20 'n groot sukses te maak! Ons glo in julle! Geniet dit want die tyd gaan BAIE vinnig verby!

Groete en liefde,

Consumidor ASV 18/19





141 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page