Na 'n lang dag vol moeilike vrae, sweet, trane en seer voete, het Consumidor 'n suksesvolle opedag gehad! Talle hoërskool leerders van oral in die land het ons stalletjie kom besoek om meer inligting te kry oor Verbruikerswetenskappe.
Ons bemarking- en werwingslid van Consumidor, Anneh Pretorius, het maande lank beplan aan die opedagstalletjie en hoe sy ons studierigting perfek kon uitbeeld. Sy het opgekom met die tema - "Farm Stall". Consumidor en die bemarkingskomitee het hard gewerk om hierdie dag 'n sukses te maak!
Baie dankie aan almal wat ons kom help en ondersteun het! Baie geluk, Anneh! Ons is trots op jou!
Geskryf deur: Vonn-Lee Robbertse
Yorumlar