top of page
Search
Writer's pictureConsumidor

Die Verandering van 2019

In 2019 kom daar baie verandering in ons vakgroep, Verbruikerswetenskap. Lees gerus die berig om meer uit te vind oor die nuwe veranderinge.

Die hoof fokus is verbruikersgedrag samelopend met mode en/of voedsel. ʼn Verskeidenheid van modules, onder andere ondernemingsbestuur/ kommunikasiebestuur/ bemarkingsbestuur, word ter ondersteuning ingesluit.


Die opleiding wat die studente ontvang, stel hul in staat om ’n waardevolle diens in die bedryf en gemeenskap te lewer. Verbruikerswetenskaplikes wat ’n onderwysloopbaan in Verbruikerswetenskappe wil volg, kan na die 3-jaar B Verbruikerstudies ’n nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) voltooi.


Die 2de en 3de jaar studente hoef geen bekommernis te hê nie omdat hulle kurses geensins verander word nie en hulle sal dus steeds hulle BSc Graad in Verbruikerswetenskap verwerf. Die verandering sal eers vanaf 2019 geimplementeer.





Inligting verkry: NWU Verbruikerswetenskappe Inligtings brosjure vir 2019

39 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page