Vir die beste eksamendag ontbyt, kombineer stadig-verteerbare koolhidrate, soos volgraan hawermout of volgraanbrood met hoë proteïenvoedsel, soos melk, joghurt en eiers. Sny suiker ook uit. Hierdie kombinasies verseker hoër konsentrasie vlakke en help jou om beter te fokus.
1. ‘Poached egg’ op lae GI roosterbrood
Bestanddele :
1 eier 1 sny lae-GI brood
1 eetl witwyn asyn 5g ongesoute botter, vir verspreiding see sout en gemaalde swartpeper
Metode :
Vul 'n pan net meer as 'n derde vol met koue water en bring tot kookpunt. Voeg die asyn by en verlaag hitte om te prut. Gooi eier versigtig in die prutende water. Poach vir 2-3 minute. Verwyder met 'n lepel en dreineer op kombuishanddoeke. Geur met sout en varsgemaalde swartpeper en dien dadelik. Rooster die brood, versprei dit met 'n dun laag botter en plaas eier bo-op.
2. Neute en piesang hawermout pap
Bestanddele :
50 ml hawermout
50 ml melk
50 ml water
20 g botter
1 kaneelstokkie
5 ml vanieljegeursel
1 piesang
Heuning
Metode :
Plaas hawermout, melk, water, botter, kaneel en vanielje in middelslagpot. Bring tot kookpunt oor lae hitte. Hou aan roer met houtlepel tot romerige mengsel vorm en hawermout gaar is, sowat 8-10 minute. Verwyder van hitte. Sny piesang bo-op en gooi neuter en heuning oor.
3. Gerookte salm en kaas omelette
Bestanddele :
3 eiers Sout en varsgemaalde swartpeper 15g ongesoute botter 40g gerookte salm, gekap kaas
Metode :
Klits die eiers in 'n mengbak en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Verhit die botter in 'n omeletpan. Gooi die geklitste eiers in en kook vir 'n paar sekondes totdat die onderkant van die omelet gaar word. Plaas die gerookte salm en kaas in die middel van die omelet en kook vir 30 sekondes. Verwyder uit die hitte en kantel die pan effens om die omelet na die rand van die pan te skuif. Skuif die omelet op 'n bedieningsbord en vorm dit dan in 'n netjiese halwe sirkel.
4. Bloubessie en appel smoothie
Bestanddele :
300g bevrore gemengde bessies 1 appel, geskil en gesny 200ml lae vet melk 150g vetvrye jogurt 25g hawermout, met ekstra vesel 10g gevlokte amandels
Metode :
Plaas die bessies, appel, melk, jogurt, hawermout en neute in 'n voedselverwerker en meng tot glad. Voeg 75-100ml koue water, 'n bietjie vir bietjie by, om 'n gladde tekstuur te verkry. Meng weer. Gooi in glase en bedien.
Geskryf deur: Xandri Lubbe
Komentarze