Onlangs het ek agtergekom dat ek meer geneig is om ongesonde kosse te eet en dat ek absoluut geen beheer oor my soet tand het nie. Ek was opsoek na baie maniere waarmee ek my "food cravings" kon bevredig sonder om skuldig of opgeblaas te voel, en deur baie mislukkings, het ek die oplossing gevind: Piesangs!
Piesangs is 'n goedkoop, veelsydige plaasvervanger vir die meeste van jou gunsteling lekkernye en benodig min of geen bakvaardighede nie. Hulle is ook 'n goeie bron van vitamien C, goed vir bloeddruk en 'n natuurlike energiebron, minus al die vette en cholesterol.
1. Piesangbroodmuffins
As jy 'n "sucker" is vir piesangbrood of net 'n kaneelliefhebber, is hierdie een vir jou.
1. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
2. In 'n groot bak kombineer:
-2/3 koppies gegranuleerde suiker
-½ koppie olie
-2 groot eiers
-2/3 koppies gemaalde piesangs
-1 teelepel vanielje uittreksel
3. Voeg dan by:
-1 2/3 koppies meel
-3 teelepels bakpoeier
-½ teelepel sout
-1 teelepel kaneel
Meng totdat al die bestanddele goed gemeng is, gooi dit in gesmeerde muffin pan en bak vir 21 minute totdat die middel heeltemal gaar word.
* Resep maak 12 piesangbroodmuffins *
Ek eet my muffins vars uit die oond met sout botter en 'n warm koppie rooibostee. Dit is ook ideaal vir 'n gryp-en-gaan-snack wanneer jy haastig is.
2. Vegan N'ice cream (Vegan roomys)
Hierdie resep is een van my gunstelinge. Dit is gesond, aanpasbaar en baie maklik.
NB: * 'n Blender /smoothie-maker word benodig vir hierdie heerlikheid *
Bestanddele:
- 2 -3 gevriesde piesangs
- ¼ koppie enige melk van jou keuse (ek gebruik amandelmelk)
- Enige soort geursel: Grondboontjiebotter, aarbei, kakao ens.
Stap 1: Sny twee of drie piesangs en vries dit oor die nag
Stap 2: Nadat hulle gevries het, gooi dit in jou blender en voeg die melk by. As die mengsel te dik is, voeg 30 ml melk ekstra by.
Stap 3: Voeg die geurmiddels by en meng weer!
3. Piesanghappies
Is jy lus vir iets soet, maar nie lus om potte en panne skoon te maak nie? Dan is hierdie resep perfek vir jou!
Bestanddele:
-3 piesangs
-Donker sjokolade
-Enige bolaag: Grondboontjiebotter, see sout, cranberries, sade of pretzels
*Voorbereiding: Sit 'n stukkie waspapier op 'n bakplaat *
Stap 1: Oor 'n dubbelkoker, smelt die donker sjokolade.
Stap 2: Sny jou piesangs in klein stukkies.
Stap 3: Druk die piesangstukkies in die sjokolade en plaas dit op 'n bakplaat.
Stap 4: Sit jou gewenste bolaag op en vries!
Al hierdie snacks is super bekostigbaar, gesond, lekker en sal sonder twyfel die lewenskwaliteit van jou lewe verbeter. Soos die bekende aanhaling lei ...
“We first make our habits, and then our habits make us.- John Dryden”
Geskryf deur: Danelle Beukes
Kommentare