top of page
Search
Writer's pictureConsumidor

In sewe sekondes!

Ek is skuldig hieraan, en jy sekerlik ook. Die bekende “judging a book by its cover”. Binne die eerste sewe sekondes nadat iemand jou ontmoet, vorm hulle ‘n beeld van wie jy is.

Sorg dat jy die regte beeld uitstraal!



Hier is ‘n paar blitswenke oor hoe om jou beste voetjie voor te sit:

1. Vuil skoene is so uit soos laas seisoen se mode giere.

2. Slaapklere in die publiek is ‘n groot nee-nee (behalwe as daar ‘n roomys noodgeval is).

3. Kersfees is eers in Desember. Moenie elke dag so kleurvol en bont soos ‘n kersboom probeer lyk nie!

4. Vuil naels is ‘n groot taboe. Hoe jy na jouself kyk sê meer oor jou as wat jou mond ooit sal kan!

5. Onthou, jou spieël is jou beste pel en sal jou nooit in die steek laat nie

(trust your mirror).


Ek sê nie dat jy elke dag volgens die nuutste mode neigings moet aantrek nie, maar volg die bogenoemde vyf stappies om te verseker dat mense jou op jou regte baadjie takseer. Sorg dat jou styl jou persoonlikheid reflekteer en die beste beeld van jou uitstraal, sonder dat jy ‘n woord hoef te sê!


Geskryf deur: Leah Pozyn

39 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page