top of page
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Facebook Icon
Search

Kaalvoetdag

  • Writer: Consumidor
    Consumidor
  • Sep 16, 2018
  • 1 min read

Die doel van Kaalvoetdag is om klere, komberse en skoene vir minderbevoorregtes in te samel en uit te deel om 'n verskil in hulle lewens te maak. Die spesiale geleentheid vind op die 8ste Oktober 2018 plaas.


Bron: http://www.thetotalfootcaregroup.com/treatment-and-services/childrens-foot-care/

Ons fakuliteit moet 300kg insamel en het verlede jaar 141 kg ingesamel.

Ons beoog om dit as 'n uitdaging te sien en saam as Consumidor 300kg insamel.


Kaalvoetdag word jaarliks op die NWU Potchefstroom Kampus aangebied waar daar verskeie kompetisies plaasvind soos 'n modeparade, voet kompetisie waar hulle die grootste, lelikste en kleinste voet bepaal, tyd kompetisie en om klere op 'n unieke manier uit te stal.

Studente kan ook hul voetspore in verskillende kleure in Lover's Lane kom los.


Alle items kan ingegee word by die Vaardigheidslab in F15.




Deur: Zandri Dirker (SJGD)




 
 
 

Comments


16002953_1918781718352201_52826375732184
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Facebook Icon

© 2023 by Shades of Pink. Proudly created with Wix.com

bottom of page