top of page
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Facebook Icon
Search

Koop tydloos vir elke winter

  • Writer: Consumidor
    Consumidor
  • May 18, 2019
  • 1 min read

“What to wear, what to wear?” die vraag op almal se lippe wanneer die winter begin nader sluip. Hier is 10 noodbelangrike items wat jou altyd tydloos en in styl sal laat lyk.



1. Kort leer enkelstewels. Dis elke winter hoogmode en sal ‘n baie stylvolle beeld na buite stuur.

2. Om aan te sluit by skoene is ‘n lekker paar gemaklike “sneakers” ‘n moet vir elke dame.

3. Onderbaadjies! Tydloos, prakties en prettig.

4. Serpe! Winter is serpe tyd. Daar is niks so lekker soos ‘n warm snoesige serp op ‘n koue dag nie. Daars ‘n kleur en tekstuur om elke uitrusting te komplementeer, kontrasteer en af te rond.

5. ‘n Goeie kwaliteit warm baadjie of wintersjas. Dit hou lank en sal nooit uit die mode gaan nie.

6. Die klassieke “check” hemp. Seisoene in en uit, maar die gier het beslils gebly.

7. Ons almal het daai “go-to” denim broek nodig. Dis geskik vir amper elke geleentheid en laat jou nie net goed lyk nie, maar goed voel!

8. Terwyl denim nou te sprake is, jy kan nooit verkeerd gaan met ‘n denim baadjie in jou kas nie.

9. Ek noem dit my ouma truitjie en ons almal het een van daai. Hy is gewoonlik so 2 “sizes” te groot, maar lyk altyd uiters stylvol en snoesig.

10. ‘n Lekker warm paar wolsokkies, dit gaan dalk nou nie jou uitrusting laat beter lyk nie, maar wel jou klein toontjies laat beter voel.


Jy sal die winter kan aanpak met jou stylvolste voetjie voor, indien jou winterskas ‘n paar van die nommertjies in het.



Geskryf deur: Leah Pozyn

 
 
 

Comments


16002953_1918781718352201_52826375732184
  • Grey Instagram Icon
  • Grey Facebook Icon

© 2023 by Shades of Pink. Proudly created with Wix.com

bottom of page