Hier volg 'n paar maklike en vinnige resepte wat jy sommer in jou mikrogolfoond kan maak!
Mikrogolf Macaroni en Kaas
Bedien 1
Wat jy benodig:
1/2 Koppie Macaroni of enige ander pasta
1/2 Koppie water
1/4 Teelepel sout
1/4 Koppie melk
1/4 tot 1/2 Koppie gerasperde kaas
Optioneel: Bacon, hoender, Rooi peper (Basies enige iets wat jy wil byvoeg!)
Toerusting:
'n "Microwave-safe" bakkie
Vatlappies
Mikrogolf
Lepel
Instruksies:
1. Voeg pasta, water en sout saam in die "microwave-safe" bakkie en roer goed om dit te meng
2. Kook die pasta mengsel in die mikrogolf vir 2min. Hou die bakkie dop en wanneer die water skuim oor die rant van die bakkie, roer die pasta. Gebruik die vatlappies om die bakkie uit die mikrogolf te verwyder.
3. Hou aan om die pasta in 2 min intervalle te kook totdat dit gaar is en roer tussen elke 2 minuut intervalle. As die pasta al die water absorbeer voordat al die pasta gaar is, gooi nog 2 eetlepels water by.
4. Roer die melk, kaas en enige ander optionele byvoegings in saam die pasta.
5. Plaas dit dan weer terug in die mikrogolf en sit dit weer in vir 30 sekonde intervalle totdat die kaas gesmelt is. Roer na elke 30 sekondes.
6. Eet dadelik. Hierdie macaroni en kaas is die beste as dit nog warm is. As jy dit moet verhit, gooi klein bietjie melk by.
Aartappel skywe
Wat jy benodig:
1-2 Aartappels
2 Eetlepels Botter/Margarien (Verkieslik Stork)
Sout/Peper (Na jou eie smaak)
BBQ speserye
Toerusting:
Mikrogolf
"Mircowave safe" bakkie of bord
Snyplank
Mes
Instruksies
1. Was aartappels ordentelik en sny in skywe van +- 3mm.
2. Plaas die aartappels in die "microwave safe" bakkie/bord.
3. Gooi BBQ speserye, sout en peper na smaak.
4. Gooi 2 eetlepels Stork margarien saam aartappels.
5. Plaas 'n ander bord omgekeer bo op die bakkie met aartappel skywe.
6. Plaas in mikrogolf oond en maak gaar. (1 aartappel neem gewoonlik so 6 min om gaan te word)
7. As dit gaar is, skep dit uit en plaas op 'n stukkie skoon papierhandoek of sommer 'n SS servet!
8. Geniet!
MELKKOS:
Wat jy benodig:
500ml melk
2 eetl (maw 50 ml) koekmeel
2 eetl margarine
bietjie sout
Instruksies: 1. Klits alles goed in 'n bak en sit dan in die mikrogolf - hou aan kook (op 100%) totdat dit styf is, MAAR jy moet dit kort-kort roer - elke 1 minuut – anders maak dit klonte. 2. Sodra dit styf is - jy sal sien dit het dan ook darem al so 'n keer of wat geborrel
3. Gooi genoeg kaneelsuiker oor. 4. Roer deur en skep in bakkies Lekker eet!
Probeer gerus hierdie resepte! Dis darem maklik genoeg dat jy dit tot in jou koshuis kamer kan maak! Maar wees versigtig, daar kan dalk baie gaste voor jou deur opdaag!
As jy goeie resepte het wat jy graag wil deel, Epos dit asb na: consumidor.asv@gmail.com
Comments