top of page
Search
Writer's pictureConsumidor

Wat om te doen tydens die 21 dae lockdown... // What to do during the 21 day lockdown…

Updated: Apr 17, 2020



 

{English follows Afrikaans}


Geskryf deur: Corné Senekal

Vertaal en geredigeer deur: Maggie Wassermann & Corné Senekal

21 dae van verpligte vakansie klink soos ‘n droom, totdat jy besef dat dit eintlik ‘n staycation is en nog meer, ‘n mag-glad-nie-die-huis-verlaat-nie-vakansie… Jy is vasgekeer in jou huis, met net jou familie as geselskap (vir party van ons is dit ‘n angswekkende gedagte), normale, alledaagse lewe is heeltemal omvergegooi. Die tyd hoef wel nie vaal of vervelig te wees nie, daar is baie wat jy by die huis kan doen en steeds jouself gate uit geniet.


Hierdie tydperk is perfek om ‘n bietjie self-care toe te pas. Om ‘n gesonde liggaam en geestestoestand te hê sal die gemoedere hoog hou in hierdie angswekkende en onsekere tye.



Tuis spa dag

Doen ‘n prettige, girly dag saam met jou ma en sussies. Sit bietjie tuisgemaakte gesigmaskers aan (daar is tonne resepte aanlyn), doen mekaar se naels, gee masserings en kies wie gee die beste een. Drink ystee in versuikerde glase en ontspan met ‘n chick-flick en springmielies.


Joernaal

Ek weet nie van julle nie, maar mense wat ‘n joernaal hou, bleik nog altyd vreeslik woke vir my te wees. Hierdie aftyd is perfek om te begin skryf. Begin met ‘n paar minute elke dag deur net jou gedagtes neer te pen, dagdrome of drie goed waarvoor jy dankbaar is. Skryf is baie terapeuties en sodra die gogga gebyt het, gaan jy die pen swaar neersit.


Lees

Ons almal het daai een boek op die rak wat ons elke vakansie dreig om te lees, maar nooit by uit kom nie… Wel nou is die tyd – jy het letterlik niks anders wat jou keer om dit te lees nie. En miskien nie so lekker soos om ‘n boek te lees nie, maar jy kan kies om op te vang met jou akademiese leeswerk, dit sal tot jou voordeel wees. Hier is ‘n lekker lees uitdaging; lees ‘n tydskrif van voor tot agter, en lees dit regtig, want wie van ons het dit al werklik gedoen?


Mediteer

Jy hoef nie te gaan sit en ‘ohm’ iewers in jou erf soos ‘n monnik nie, maar om doodeenvoudig ‘n stil kol op te spoor en jou gedagtes agter mekaar te kry of te bid, en ‘n bietjie meer tyd te skenk aan jou geloof, sal die ding doen. Meditasie het talle voordele en deur dit te beoefen sal dit jou gemoedstoestand verreik om meer bewustelik en tevrede te wees. Namaste.


Om jou lyf aan die gang te hou en te keer dat jou brein nie heeltemal verrot as gevolg van min tot geen sosiale interaksie nie, volg hier ‘n paar aktiwiteite wat jy kan doen saam met die ander arme siele waarmee jy lockdown deel.


Agterplaas piekniek

“Agterplaas piekniek” mag dalk soos een of ander Brakpan samekoms klink, maar ek kan julle verseker dit is nie wat die is nie. SMAAK se eie, geliefde redaktrise het hierdie aktiwiteit geïnspireer. Sy en haar gesin het komberse op die grasperk gaan uitgooi, 'n piekniekmandjie gepak en net lekker kos en kwaliteit gesinstyd geniet. Definitief iets om te probeer.


Wii-kampioenskappe

Wanneer laas het jy Wii, Xbox of PlayStation gespeel? Ek dink dit is tyd om die konsoles bietjie af te stof en die batterye wat jy geruil het vir die pap TV-afstandbeheer s’n, terug te ruil. En vriendelike kompetisie het niemand al ooit skade berokken nie.


21 dae fiksheidsuitdagings

Die winter is wel om die draai, maar om goed te voel en te lyk is altyd in, maak nie saak wat die seisoen is nie. Probeer soos ek 'n drie-week squat of pushup-uitdaging of ‘n 21 dae joga program. Kry ook vir jou iemand wat die uitdaging saam jou sal aanpak, op die manier kan julle mekaar aanspreeklik hou.


Danspartytjie

Maak jou litte los op klipharde jol-musiek. Daar is niemand wat vir jou kyk of lag nie (behalwe jou gesinslede natuurlik). Jy kan selfs ‘n “dance off” met jou pa hou dink net hoe skreeusnaaks dit kan wees!


Leer 'n partytjie truuk

Ek was nog altyd beïndruk met mense wat kan “juggle” of flink, vinnige kaart truuks kan doen. Hierdie gedwonge aftyd is die perfekte geleentheid om ‘n truuk of twee aan te leer waarmee jy die kollig by die volgende partytjie kan steel.

Bak-en-brou

Ons spandeer reeds so baie tyd in die kombuis (vir die hoeveelste keer hierdie uur was jy al in die yskas?). Gebruik eerder die tyd om jou inner Gordon Ramsey of Cake Boss te ontlok. Bak heerlike lekkernye vir daardie middernag holkol of probeer 'n nuwe resep uit. Dit kan vir uitstekende ma-en-dogter tyd maak. Probeer ook resepte wat vars vrugte en groente bevat. Die vitamiene en minerale sal help om jou immuunstelsel op te bou.


Wees op die uitkyk vir ‘n heerlike rissiesous resep wat binnekort op SMAAK beskikbaar gaan wees. Dié sous het genoeg skop om enige virus af te skrik.


Hierdie is slegs 'n paar aktiwiteite wat jy kan doen om te verhoed dat jy die mure wil uitklim die volgende paar weke. Ek hoop dit verskaf hope genot en onthou; bly tuis, bly veilig en jy kan nooit jou hande té veel was nie.


 

What to do during the 21 day lockdown…


Written by: Corné Senekal

Translated and edited by: Maggie Wassermann & Corné Senekal


21 days of a compulsory holiday sounds like a dream until you realise it’s a staycation and more so, a can’t-leave-the-house-at-all-cation… You’re confined to your home, with your family (for some of us that is a daunting thought), normal, everyday life is all upside down. But this period doesn’t have to be dull or boring, there’s a lot you can do at home and still have a blast.


This time is perfect to practice some self-care. Having a healthy body and mind will keep the spirits up in this rather scary and uncertain times.



Home spa day

Have a fun, girly day with your mom and sisters. Put on some home-made facemasks (there’s ample recipes online), do each other’s nails, give massages and judge who gives the best ones. Drink ice-tea in sugared glasses and chill-out with a chick-flick and popcorn.


Journaling

I don’t know about you guys, but people who keep a journal always seem so woke to me. This down-time is perfect to start writing. Start with a few minutes each day just writing your thoughts down, daydreams or three things you’re grateful for. Writing is very therapeutic and I’m sure once you start getting into the groove, you’ll be addicted.


Reading

We all have that one book on the shelve we say we’re going to read every holiday, but never get to… Well now is the time – you literally have nothing else keeping you from reading it. And maybe not as fun as reading a book you chose but catching up on your academic reading will be to your benefit. Here’s a fun reading challenge; read a magazine from front to back and actually read it, because who of us have really done that?


Meditating

You don’t have to go sit and ‘ohm’ somewhere in your yard like a monk, but simply finding a silent spot and clearing your thoughts or praying and spending some time on your faith will do. Meditating has a lot of benefits and practising it will change your whole spirit to being more mindful and content. Namaste.


To keep your body moving and the brain not totally numb from little to no social interaction, here are some activities you can do with the other unfortunate souls you are spending lockdown with.


Backyard picnic

SMAAK’s beloved editor gave me this idea. She and her family laid down blankets on the grass and took a picnic basket outside. They enjoyed good food and quality family time. It’s tried and tested with great results.


Wii championships

When was the last time you played Wii, Xbox or PlayStation? I think it is time to dust off the consoles and have some friendly competition going in the household. Who will be crowned e-sport champion?


21 day fitness challenge

Winter may be around the corner but looking and feeling your best never goes out of season. Try out a 3-week squat or push up challenge or a 21 day yoga challenge like me. Do it with lockdown-buddy, that way you can keep each other accountable.


Dance party

Let your hair down, crank up the music and just jam out. There’s no one to judge you (accept your family members of course). You can even have a dance off with your dad – just imagine how hilarious that would be!


Learn a party trick

Juggling always seems like a fun skill to have. Knowing a card trick or two will also come in handy when wanting to make an impression at a party…


Baking

Spend some time in the kitchen (other than raiding the refrigerator for the how many'th time this hour). Bake some delicious treats for those midnight munchies or just try out a new recipe. This can be some excellent mommy-and-me time. Also try out some recipes with fresh fruit and vegetables, the nutrients will help to strengthen your immune system.


Watch the space for a recipe on homemade chilli sauce. It will kick any virus to the curb!


These are only a few activities you can do to keep you occupied during this lockdown period. I hope it helps to combat the boredom… And remember, stay home, stay safe and you can never wash your hands to much!


114 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page