top of page
Search
Writer's pictureConsumidor

Wenke vir die eksamen...

Ons almal weet die druk kan soms hoog raak tydens eksamens of semestertoetse en soms sukkel ons om kop bo water te hou. Hou ALTYD hierdie volgende wenke in gedagte:


Bron: https://bebrainfit.com/brain-foods-test-exam/

1. Stel vir jouself doelwitte

Beplan vir jouself 'n effektiewe en realistiese rooster op. Dit sal jou help om jou tyd te bestuur om te verseker dat jy vir jou genoeg tyd gee om voor te berei vir jou toetse. Probeer om 'n week voor die tyd al vir jou toets te begin leer.


2. Gebruik kleur en prentjies om te leer

Wanneer jy kleur gebruik as jy leer, is dit makliker om die werk te onthou as wanneer dit net swart en wit sou wees. Prentjies en breinkaarte maak ook dat jy jou werk beter sal kan onthou.


3. Vat 'n breuk van sosiale media

Teken uit al jou sosiale media apps, omdat jou akademiese prestasie baie belangriker is as om 'n foto te post van wat jy vir middag ete geëet het. Sosiale media lei ook jou aandag vinnig af en is geneig om waardevolle studie tyd op te gebruik.


4. Hersien vorige jare se toetse of eksamens

Gebruik ou toetse en eksamens om jou werk te hersien. DIt sal jou laat fokus op relevante onderwerpe terwyl jy besig is om voorbeelde van moontlike eksamen vrae doen. Dit gee jou ook 'n idee van wat jy kan verwag in die eksamen wat voorlê.


5. Studeer in 'n stil plek

Wanneer jy leer in 'n stil area, is dit makliker om op jou leerwerk te fokus. As die koshuis teveel raak, gaan kry vir jou 'n stil plekkie in die Bib of in 'n rekenaarlokaal waar jy kan leer.


6. Vergelyk en deel notas met 'n vriend/vriendin

Jou vriend/vriendin se notas kan jou dalk 'n nuwe perspektief gee oor die leerwerk. Jy kan ook dan kyk of jou notas volledig is en of jy dalk enige werk gemis het deur die semester.


7. Kry genoeg slaap in voor jy toets/eksamen skryf

Gaan slaap vroeg die aand voor jou eksamen! Jou brein moet rus.


8. Wees betyds vir jou toets/eksamen

Maak seker dat jy 20min voordat jy moet skryf alreeds by die eksamen lokaal is. Dit gee jou genoeg tyd om jouself voor te berei vir jou toets. As jy laat kom, kan dit jou verbouereerd laat voel en jy kan dan van jou werk vergeet.


9. Onthou jou skryfbehoeftes

Maak seker dat jy alles het wat jy gaan benodig in jou toets/eksamen! Onthou jou liniaal en bring sommer 'n paar ekstra penne en potlode. As jy 'n sakrekenaar benodig, maak seker dat hy werk voor jy kom skryf.


10. "Regroup"

Vat 'n breuk nadat jy jou eksamen geskryf het en voordat jy weer begin leer vir jou volgende vak se toets/eksamen. Vat 'n middag slapie, besoek die draak of gaan kuier by 'n vriend of vriendin.



Ek hoop dat hierdie toets/eksamen wenke julle sal help in die volgende paar weke. Sterkte met die semestertoetse wat in hierdie week vir julle voorlê!


Groete,

Consumidor




Bron: https://www.collegesa.edu.za/blog/exam-tips-for-students/

20 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page